LIKA GOROKHOWA, ’n mooi Russiese student wat suiwer Afrikaans praat, het Suid-Afrika in Julie en weer in Oktober 2021 besoek. Ná haar reis deur die land het sy ’n boekie, Oor die goudgeel vlaktes van Suid-Afrika, in Afrikaans geskryf. Bo: By die graf van kapt Leo Pokrowski wat aan die Boere se kant geveg en gesneuwel het by Utrecht in Natal. By die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl. Bo links: Saam met Leon Schuster en (bo regs) met Oeloff de Meyer.
